Voorspoed wense
Pieter, ‘n mooi, gelukkige en voorspoedige 2013 toegewens vir jou en die Kwêvoël en al die personeel.
Ons geniet en waardeer elke Kwêvoël! Daar is altyd artikels en foto’s wat ons interesseer, bekendes en hul nageslag, informasie wat ons raak, ensovoorts.
As dit goed is met jou, stuur asseblief net een Kwêvoël. Na ons dit gelees het, stuur ek vir Suzanne de Villiers. Sy sal weer aanstuur na Cecil en Alta Harley.
Geluk ook met die toekennings aan die Kwêvoël: Doen so voort.
Ons meen die Kwêvoël is by ver die aantreklikste met sy mooi gekleurde voorblad – en al die verdere bladsye. Die kwaliteit papier is ook die beste. Jou en Tobie se “hoofartikels” is ook van die beste. Eintlik dus sommer alles. Ons bly lief vir jou, die Kwêvoël en Thabazimbi.
Vriendelike groete,
Jan en Marita Grobler
Kokanje Aftree oord (Modimolle)
NS: Ons is nou netso dol oor die bome. Voor in Palgrave se boomboek is die foto’s van jou, ons en die ander “senior” Bergboegoelede toe ons elk ‘n Palgrave ontvang het voor Glen, Theo en Bettie Labuschagne oorlede is. Kosbaar!