Community

STTU-lede ontvang opleiding

THABAZIMBI – Lede van die Specialized Tactical Tracking Unit (STTU) het gedurende die naweek van 12 en 13 Januarie ‘n swift water rescue kursus gedoen.

Henk Havenga het die opleiding aan die STTU geskenk om renoster stropery en plaasaanvalle te beveg asook om in nood en/of ramp situasies vir die span van Thabazimbi Krisis Beheer Sentrum behulpsaam te wees met reddingswerk.

Die STTU-span wil graag van die geleentheid gebruik maak om Henk in die besonder te bedank vir die opleiding wat hy aan die lede verskaf het asook Kruger Robertse van Sweet Home Mountain Lodge vir die gebruik van hul geriewe.

Die STTU-lede tydens die swift water rescue opleiding, vlnr: Jaco Havenga, Jako Potgieter, Jean Marais, Rudi Janse van Vuuren, Johan Barkenhuizen, Kenneth Rabbitdog Clark, Gareth Edward Clark en Dawid Schoeman (nie STTU-lid).