Community

Solidariteit Helpende Hand – Skooltassie Projek

THABAZIMBI – Solidariteit Helpende Hand het op Dinsdag 8 Januarie vir die derde agtereenvolgende jaar skooltassies aan twee plaaslike skole oorhandig.

Bosveld Akademie het tien tassies ontvang terwyl Laerskool Thabazimbi vyf tassies ontvang het. Hierdie oorhandiging spruit uit die fondsinsameling vir dié spesifieke doel wat jaarliks deur Solidariteit Helpende Hand geloods word.

Solidariteit Helpende Hand vra die gemeenskap om jaarliks betrokke te raak by die skooltassieprojek deur skenkings te gee wat sal help dat hulle meer kinders jaarliks kan help om skooltassies te bekom. Indien u ‘n skenking gee kan u aansoek doen vir ‘n 18A sertifikaat wat u kan terug eis vanaf belasting. Die skooltassies kostes beloop ongeveer R200 per tassie. Indien u wil betrokke raak by Solidariteit Helpende Hand se projekte, skakel Marianthie 0827417858 (streeksverteenwoordiger van Solidariteit Helpende Hand), Monica 0765991858, Mari 07820864915, Annatjie 0824640204.

Laerskool Thabazimbi het vyf tassies ontvang by Solidariteit Helpende Hand, vlnr: mnr Theron Brand (Adjunkhoof), Boeta en Monica.

Solidariteit Helpende Hand – Skooltassie Projek.