SAVF reik uit
Die SAVF Maatskaplike dienste van Thabazimbi het ‘n helpende hand uitgereik na ‘n inwoner, Steve Motsomane (links) wat sy huis en al sy besittings verloor het nadat sy huis tot die grond afgebrand het. Hy is deur die Munisipaliteit se rampbeheer-eenheid na die SAVF verwys. In die middel is Pieter van der Merwe, ‘n jarelange inwoner van Thabazimbi en nuwe vrywilliger by SAVF en Zalita Fourie (SAVF vrywilliger).