Optog teen verkragting
Gemeenskapslede het verlede Saterdagoggend vanaf die parkeerterrein by KFC tot by die sentrale sakekern in Thabazimbi ‘n optog gehou teen verkragting. Dit volg nadat ‘n jong dame op Sondagoggend 6 Januarie deur drie blanke mans in dieselfde parkeerarea oorrompel en verkrag is. Enigiemand met inligting wat kan lei tot die opsporing en inhegtenisname van die kriminele, kan Adjudant Offisier Lotter skakel by 0147773501.