Northam VLU skop jaar af met terte
SWARTKLIP – Northam VLU het op 11 Januarie 2013 hul eerste vergadering vir die jaar gehou.
Elkeen het ‘n tert gebring wat gefotografeer is waarna die foto’s en resepte ingestuur is vir ‘n kompetisie. Die dames het ook hul voltooide kompetisie-artikels gebring wat beoordeel sal word, en die drie bestes uit elke afdeling word dan ingestuur vir die jaarlikse Konferensie wat hierdie jaar plaasvind op Woensdag 13 Maart 2013.
Northam VLU spog ook met hul eerste nuwe lid van die jaar, en nooi graag enige belangstellendes om hul heerlike, leersame en interessante vergaderings by te woon. Skakel of sms Mari Meintjes by 082 086 4915.
Vlnr: Angela Potgieter VLU Northam Voorsitster, Adele Vletter (nuwe lid) en Chantell Steynberg Northam VLU Sekretaresse.