Community

HFM vereer leerlinge

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydagaand 11 Januarie Spesiale Toekennings aan die presteerders van 2012 gemaak.

Die presteerders wat toekennings ontvang het was: Goue sertifikaat – Marlize Minaar vir die leerling wat die meeste punte vir betrokkenheid by skoolaktiwiteite gedurende die jaar verwerf het – Luiperd toekenning; Trofee – Brian Labuschagne vir Kultuur: Toneelspeler van die jaar; Trofee – Gerdri Eloff vir Kultuur: Redenaar van die Jaar; Trofee – Bealde Enslin vir Kultuur: Uitvoerende kunste – beste leerling van die jaar; Trofee – Gerhard Benade vir Sport: Tweekampatleet van die jaar; Trofee – Hendrik du Plessis vir Sport: Skut van die jaar; Trofee – Lourens Boshoff vir Sport: Swemmer van die jaar; Trofee – Nico Tromp vir Sport: Krieketspeler van die jaar; Trofee – Elzani Davies vir Sport: Hokkiespeler van die jaar; Trofee – Tanya Marais vir Sport: Netbalspeler van die jaar; Trofee – Andre Jordaan vir Sport – Rugbyspeler van die jaar; Trophy – Brandon Masilo for Sport: Soccer player of the year; Trofee – Leandri Botha vir Sport: Atleet van die jaar; Trofee – JM Erasmus vir Sport: Gholfspeler van die jaar; Trofee – Daphne Liebenberg vir Sport: Jukskeispeler van die jaar, Trofee – Jonathan Viljoen vir Sport: Skaakspeler van die jaar; Trofee – Elzani Davies vir Sport: Sportdogter van die jaar; Trofee – Lourens Boshoff vir Sport: Sportseun van die jaar; Plaket Goue Sertifikaat – Elizna Coetzee vir Dux Leerling en Lourier sertifikaat – Lourens Boshoff vir Lourier leerling.

Marlize Minnaar ontvang die Luiperd Toekenning tydens die HFM Spesiale Toekenningsgeleentheid.