Community

Ek wonder maar net

Ek hoor die burgemeesteres het by laasweek se Waterberg Onderwys kringvergadering tydens haar uurlange toespraak die media uitgesonder oor hul verantwoordelikheid om die positiewe beeld van die munisipaliteit oor te dra aan die publiek. Mev die burgemeesteres die negatiewe beeld bring julle oor julleself, geeneen van die inwoners van Thabazimbi help julle om dit te doen nie.

Vat nou ‘n goeie voorbeeld van die registrasie van die boorgate, wat julle wil afdwing en wat op die stadium teen die wet is. Julle wil hê dit moet helaas nou geskied anders is daar R5000 boete, daar is geen so ‘n wet of bywet in die munisipaliteit nie. Plaas dat julle vir die mense met boorgate sê dankie ons waardeer wat julle doen om die druk op ons water tekort te probeer help verlig, want die munisipaliteit doen niks. Ons gewone inwoners sien geen verandering in ons water tekort nie.

Die krag wat julle afgesny het van die gastehuise in Desember is nog ‘n sprekende voorbeeld van negatiewe dinge wat julle doen en die negatiewe publisiteit wat julle vir julself veroorsaak. Wat dink toeriste van ons dorp?

Hierdie is maar twee gebeurtenisse wat ons van kennis het, wat gebeur agter die skerms waaroor ons geen kennis en insae het nie, ek meen as die munisipale amptenare so verwaand is om die wet openlik te oortree, wat kan hulle dalk verdoesel?

Weereens ‘n maand waar ons water en ligterekenings kry met net ‘n bedrag op geen bewys van wat gebruik is nie. Die verskoning is die plek wat dit druk het ‘n fout gemaak. Betaal ons vir daai fout?

Frik