Thabazimbi Munisipaliteit in hof oor boorgat-registrasie
Deur Jan Viljoen
THABAZIMBI – Die Thabazimbi Munisipale Bestuurder, Adv ME Ntsoane het gedurende Oktober 2012 `n advertensie in een van die Engelse nasionale dagblaaie geplaas waarmee hy beveel dat alle inwoners wat onder die munisipale jurisdiksie van Thabazimbi val, wat boorgate het op hulle eiendom, boorgate by die munisipaliteit moet registreer.
Indien nie gehoor hieraan gegee word nie teen 30 November 2012, sal die eienaar met R5 000 beboet word. Hierdie advertensie het geen regsgeldigheid nie, synde daar nie `n munisipale bywet in plek is nie wat die saak reguleer nie.
Die registrasie dokument van die munisipaliteit maak voorsiening vir boorgate op residensiële eiendom wat moet geregistreer word teen R910 per boorgat en vir industriële eiendomme teen R2 850. Verder moet `n maandelikse heffing per boorgat van R132 per boorgat betaal word en indien water verbruik uit die boorgat meer as 30KL per maand is moet R3,50 per KL betaal word. Waar boorgat water gebruik word vir menslike gebruik sal `n boete van R500 gehef word wat verdubbel na elke skuldige bevinding.
Die Thabazimbi munisipaliteit het geen bywet in plek wat boorgate reël nie. Die dorp gaan gebuk vir dae agtereenvolgens waar die munisipaliteit nie water kan lewer nie. Van die nuwer woongebied uitbreidings is in geheel afhanklik van boorgate vir drinkwater as gevolg van die onvermoë van die munisipaliteit om water op `n deurlopende basis te voorsien.
Die Thabazimbi Voorsitters Forum, is `n liggaam wat a-polities is en sedert 2008 aktief besig is met gemeenskapsverteenwoordiging ten opsigte van die Thabazimbi Munisipaliteit.
Op 21 November 2012 word die Munisipale Bestuurder per brief met `n afskrif daarvan aan die Burgemeester ingelig oor die onwettige aksie van die munisipaliteit. In die brief word versoek dat `n vergadering tussen die Forum en Munisipaliteit moet plaasvind, om die onwettige aksie te bespreek. Daar word ook kennis gegee dat indien geen reaksie binne 24 uur op die brief ontvang word nie, die Forum die saak sal besleg deur die howe.
Tot en met 29 November 2012, word geen terugvoer ontvang op die versoek van die Forum nie. Op Donderdag 29 November 2012 gaan die voorsitter van die Forum, Jan Viljoen na die Munisipale Bestuurder om terugvoer op die brief te verneem. Tydens die ontmoeting is dit duidelik dat die brief van die Forum geensins gelees is nie en geensins ag op geslaan is nie.
Teen hierdie tyd is alreeds van eienaars van kommersiële eiendomme se elektriese toevoer af gesny deur munisipale amptenare, ten spyte van die feit dat dit voor die sperdatum van 30 November 2012 is. In elke geval is dit duidelik gemaak dat indien die registrasiefooi betaal word vir die boorgate, elektriese toevoer herstel sal word. Die munisipale bestuurder ontken die heersende situasie, en dui aan dit is as gevolg van wanbetaling van rekeninge is.
Op hierdie stadium word dit ook rugbaar gemaak dat die munisipaliteit op 14 Desember 2012, die dag voor aanvangs van die langnaweek, elektriese toevoer sal afsny waar boorgate deur eienaars nie geregistreer is nie. Daar word besluit dat die Forum met die Munisipale Bestuurder op Woensdag 5 Desember 2012, `n vergadering sal hou waar die probleem bespreek sal word. Op die bestemde dag daag die Munisipale Bestuurder nie op vir die vergadering nie.
Hierdie optrede laat die Forum geen keuse en gee opdrag die middag van 5 Desember 2012 aan die regsverteenwoordigers van die Forum om met regsaksie te begin.
Dieselfde dag is kennis aan die Munisipale Bestuurder gegee van die Forum se voorneme om die saak in die Hooggeregshof te beding. Op Vrydag 6 Desember 2012 word weereens die nodige dokumentasie gelewer, met die duidelike voorneme dat die aksie deur onderlinge bedinging opgelos kan word. Teen Vrydag 14 Desember 2012 is dit duidelik dat die munisipaliteit nie die saak wil oplos deur bedinging nie.
Die Forum gee weereens opdrag om die saak in die Hooggeregshof te verhoor aan sy regsverteenwoordigers. en die nodige dokumente is die dag gelewer aan die Hof.
Op 7 Desember 2012 word daar `n advertensie in die plaaslike koerant, die Kwêvoël geplaas deur die Munisipale Bestuurder wat weereens versoek dat boorgate moet geregistreer word, met die sluitings datum nou 31 Januarie 2013. Weereens word opgetree buite die magte van die munisipaliteit waar geen bywet in plek is nie.
Op Donderdag 20 November 2012 word die aansoek van die Forum voor die Hooggeregshof gelê en Vrydag 21 Desember 2012 word die aksie met koste teen die munisipaliteit uitgewys deur die Regter wat die aksie van die munisipaliteit ter syde stel. Hersiening van die bevel moet voor 31 Januarie 2013 geskiet.
Hierdie is die tweede saak in een week voor dieselfde hof teen die munisipaliteit, waar gastehuise se elektriese kragtoevoer afgesny is op die middag van 14 Desember 2012, as gevolg van watertoevoermeters waarvoor `n bedrag van R5000 betaal moet word. Hierdie was ook `n onwettige optrede soos die bogemelde deur die Munisipale Bestuurder geïnisieer.
Vir verdere inligting rakende die saak, kontak Jan Viljoen (Thabazimbi Voorsitters Forum) 083 325 6057; Riana Bekker (Thabazimbi Voorsitters Forum) 072 671 9710 of Gert Snyman (Thabazimbi Belastingbetalers Vereniging) 083 295 1284.