Skenking aan Huis Tambotie

THABAZIMBI – ‘n Skenking van R1000 is op Woensdagmiddag 9 Januarie 2013 aan Huis Tambotie deur Gitta-Martula Rehabilitasie sentrum vir wildediere oorhandig.

Hierdie skenking wat deur Gitta-Martula se verteenwoordiger, Paula Bradley, oorhandig is, is ingesamel tydens hul Carols by Candlelight funksie in Desember.

Marie Steenekamp, Koördineerder van Huis Tambotie, het die skenking in ontvangs geneem en Gitta-Martula vir hul bydrae hartlik bedank.

Sy bedank ook graag elke individu, organisasie, kerke en verenigings vir hul bydrae aan Huis Tambotie en Immergroen. “Elke bydrae, geskenkie en blomme het almal se harte verbly. Sonder julle hulp is dit nie moontlik om hierdie twee inrigtings aan die gang te hou nie.” Het sy aan Kwêvoël gesê.

Sy nooi almal om in 2013, wat nou voor ons uitstrek, hulle te ondersteun in gebede en met hulp in enige vorm.

Gwen Posthumus-Meyjes, Paula Bradley, Marie Steenekamp en Neels Kramer tydens die oorhandiging van die tjek deur Gitta-Martula Rehabilitasie Sentrum vir wildediere.