Community

Ons ou dorpie se mense laat ons in die steek

Die vakansie het gekom en is nou amper verby. Die feestyd het gekom en gegaan, maar niks in Thabazimbi het verander nie.

Het julle gesien hoe vuil die dorp is as ‘n mens inkom van Rustenburg se kant af. Die prentjiebrug se diere is al so verbleik dis ‘n skande, die gras langs die pad is so lank ‘n mens kan leeus jag daar. Wat moet die toeriste van ons ou dorpie dink. Ek dink dis ‘n skande dat die munisipaliteit nie hulle werk doen nie elke maand betaal ons getrou ons dienste, erfbelasting en water en ligte rekenings wat hulle meeste van die tyd skat, maar hulle bring nie hulle kant om ons dorp skoon te hou nie. Moenie sê daar is nie geld nie want die finansiëlejaar is nou eers 6 maande oop as daar nie geld is nie is dit omdat dit weereens verkeerd gespandeer is.

Hier is ook besigheidsmanne wat ons naam met ‘n plank slaan. Die 50ppm diesel was by 2 vulstasies net na nuwejaar klaar gewees, wat moet toeriste van ons dink.

Nou ja mense wat ‘n teleurstelling het ek gehad toe ons bietjie Marakele toe is, die geriewepaaie en alles daar het so agteruit gegaan dit is onbeskryflik, waar gaan die geld heen wat deur die park gegenereer word. Ek glo oor 6 maande gaan jy met geen gewone voertuig in Marakele kan ry nie. Op die uitkykpunt bo-op die berg is daai toilet vir hoe lank nou al in so ‘n toestand dat geen mens daar binne durf waag nie. Die oukamp met die A (frame) tipe huisie bestaan nie meer nie. Ag nee nog ‘n suksesvolle mislukkingsverhaal.

Ek glo met die regte leiding en houding van al die rolspelers kan ons hierdie gemors regmaak en ons dorpie weer tops maak. Kom nou mense, bring julle kant!

Frik