Nuwe personeel by HFM
THABAZIMBI – Drie nuwe personeellede het hulle aangesluit by die wenspan van HFM.
Lize Fouché is die nuwe fisiese wetenskap onderwyseres vir Gr 10 en natuur wetenskap onderwyseres vir Gr 8. Lize is afkomstig vanaf Wolmaransstad en het ‘n jaar skool gegee op Lichtenburg. Annabelle Tromp is die nuwe persoonlike assistent van die hoof en adjunk hoofde en het amptelik begin op 7 Januarie 2013. Karin Erasmus is aangestel as die nuwe koshuis matrone by HFM en is afkomstig van Warmbad.
Die drie dames is nou amptelik deel van die leerkragte by HFM. Vlnr: Juffrou Lize Fouché, Mnr C Campbell (hoof), Me Annabelle Tromp en Karin Erasmus.