Gr 1’s maak gereed vir skoolloopbaan

Laerskool Thabazimbi spog hierdie jaar met 140 nuwe Gr 1 inskrywings, ses meer as in 2012, terwyl die Gr R inskrywings van 114 ietwat minder was as 2012 se 120 japsnoetjies. Alhoewel daar nie baie nat gesiggies was nie, het die mammas maar swaar getrek om hul kleingoed vir die eerste keer by die “groot” skool af te laai.