Tannie Hester se plekkie nou leeg

THABAZIMBI – Hester Hugo (82) is op Sondagoggend 2 Desember 2012 oorlede.

Diegene wat haar geken het, weet dat sy ‘n vol lewe gehad het. Haar ongelooflike werk wat sy vir die Abraham Kriel Kinderhuis te Nylstroom gedoen het, sal lank onthou word.

Haar plekkie by haar familie en vriende is nou leeg en sy sal gemis word. Sy laat drie kinders, 11 kleinkinders en agt agterkleinkinders na. “Rus in vrede moeder, ouma en oumagrootjie.”

Hester se ter aarde bestelling is op Vrydagoggend 7 Desember om 09:00 waarna die diens sal volg by die NG Kerk, Thabazimbi, gelei deur Ds Thinus.

Hester Hugo is op Sondagoggend, 2 Desember 2012, oorlede.