ATKV Thabazimbi-tak skenk Kersbonusse
THABAZIMBI – Die plaaslike ATKV-tak het hulle belofte verlede Saterdag nagekom en Kersbonusse aan al 24 personeellede van Tambotieversorgingseenheid oorhandig.
Op 4 Februarie vanjaar het dié tak ‘n Gholfdag gereël ten einde fondse vir dié doel te in. Dit is ‘n groot voorreg vir die ATKV-bestuur om ‘n bietjie vreugde vir die Kersgety te kon bring. Daar is ook aan elke inwoner ‘n pragtige kaartjie oorhandig. Groot dank aan Shoprite, Thaba SuperSpar en Pick ‘n Pay wat elk ‘n skinkbord verversings geborg het. Die oumensies het ook daarvan genuttig. Die ATKV-tak is verteenwoordig deur Vollie en Rita Volschenk en Rina Stander.
Rita Volschenk, Voorsitter van die ATKV-tak, oorhandig die kersbonus aan Mev Sarie Pretorius, Senior Mediese Personeellid van Tambotie.