Community

Thaba verwelkom Kersseisoen uit volle bors

THABAZIMBI – Die jaarlikse ATKV/SuperSpar Kersliedere by kerslig het op ‘n prentjiemooi Donderdagaand, 22 November, in die parkeerarea van SuperSpar plaasgevind.

Volgens die organiseerders was dit hul groot wens dat dié aand so suksesvol sou wees. Meer as 1200 mense het hul opwagting gemaak om Kersliedere saam te sing en het die massiewe parkeerterrein skielik klein gelyk.

Die organiseerders bedank graag almal wat daar was. ‘n Spesiale dank vir hul hoofborge, Thaba SuperSpar en Steinmand Construction wat saam in ‘n visie vir die dorp kon deel asook al die ander borge wat ‘n bydrae gelewer het.

‘n Besonderse dank aan: Armand Knoetze vir die bou van die verhoog, sy passie is aansteeklik., baie geluk met ‘n puik verhoog en ‘n prentjiemooi parkeerarea. Baie dankie vir bemarking deur die Kwêvoël en ATKV.  Aan elke dame wat ingespring het met die versier van die verhoog en parkeerarea, Anel, Karlien, Rone en Annastasia. Elke onderwyser en kind wat deelgeneem het aan die program, ook vir Thabang Marimbas wat hierdie jaar die gehoor vermaak het in die voorprogram. Paul Dreyer vir uitstekende klank. Jaco Jordaan en Harm Schutte vir vervoer van die bejaardes. Aan elke orkes lid, dankie vir die ure se oefening en tyd wat elkeen afgestaan het en ook ‘n dank aan Hendrik van Niekerk vir die bladmusiek en die multimedia aanbiedings gedurende die aand. Die organiseerders vra dat die gemeenskap mekaar sal raakleef in hierdie kersseisoen en dra hul beste wense oor vir 2013.

Thaba SuperSpar se koor het ‘n sangitem gelewer.