Makoppa Gemeenskapspolisiëring Forum
Deon Krige
MAKOPPA – Die Makoppa Gemeenskapspolisiëring Forum is aan die begin 2012 op die been gebring om teenkanting te bied vir die hoë misdaadsyfers in die Makoppa gebied.
Die Forum het in die relatiewe kort tyd wat hulle al bestaan, ‘n groot impak op misdaad in die area gehad. Hulle het kennisgewingborde oor die Forum aangebring langs die hoofroetes oppad na Makoppa en lede van die publiek kan binnekort opleiding in noodhulpvlakke een en twee verkry. Die Forum het vanjaar ‘n suksesvolle fondsinsameling gehad in die vorm van ‘n buffet-ete. Daar word weer ‘n soortgelyke fondsinsameling volgende jaar gehou in die vorm van ‘n Gholfdag, by die Thabazimbi Gholf Klub wat gereël word vir 3 Maart 2013.
Sommige van die lede van die Makoppa GPF, voor vlnr: Kaptein Thapela, A/O Langa, Konstabel Papo, Konstabel Rambuda en RKst Tuma. Agter vlnr: Faan Van der Linde (voorsitter), Gys Pienaar, Luitenant Setoga, Willem Engelbreght (Onder voorsitter) en Schalk Engelbreght.