LS Thaba gee aan AKK
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede week ‘n groot besending klere en nie-bederfbare voedselitems aan Abraham Kriel Kinderhuis oorhandig.
LS Thaba sê graag dankie vir ‘n jaar waar kinders, ouers en onderwyspersoneel hard gewerk, ondersteun en bygedra het om van Laerskool Thabazimbi ‘n suksesvolle skool te maak.
Die einde van die jaar spoed ten einde en al wat leef en beef sien uit na die lekker Desember-vakansie. Ongelukkig is dit nie so vir al die kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis nie.
Dit is juis om hierdie rede waarom hulle uitreik na ander wat met minder tevrede moet wees. Hulle moedig hiermee ook ‘n ‘omgee’-kultuur by die gemeenskap aan.
Volgens die projek-koördineerder, Juffrou Hanti Botha, het Thabazimbi gemeenskap oop harte en beursies en probeer hulle om ‘n verskil in die kinders se lewens te maak.
LS Thaba bedank elkeen wat kruideniersware, klere, brons geld, skoonmaakgoed en geskenke gestuur het. Dit sal verseker ‘n kinderhart verbly.
Indien u‘n inbetaling wil maak tot hulp van die kinders in die Abraham Kriel Kinderhuis, sal dit hartlik verwelkom word: Abraham Kriel Kinderhuis, ABSA, Rek: 1100 1400 00, Takkode: 334 347. Stuur u inbetalingstrokie deur na Gezina Lombard (faksnommer: 086 570 7648).
Juffrou Hanti vra solank dat al die kleingeld vir 2013 se Abraham Kriel Kinderhuis-projek gespaar moet word. Hulle wens u en u geliefdes ‘n Geseënde Kersfees en ‘n baie voorspoedige toe.
Laerskool Thabazimbi leerders en personeel wat deel was van die AKK-projek, agter vlnr: Zelmari Davel, Eben du Plessis, Ananda Lategan, Juffrou Hanti Vorster, die bestuurder van die trok Isac, SJ Pretorius en Hayley-Wayde Short. Voor vlnr: Rico Erlank, Fanie Schoeman en Aninge Fetzer.