Community

Kunsskool vereer toekomstige kunstenaars

THABAZIMBI- Kunsstudente van Petro’s School of Art, is op Saterdag 24 November vereer vir hulle harde werk.

Studente wat onder Petro van der Merwe skilder, het hierdie jaar geleer wat teken-kuns, ontwerp-kuns en portret-studies is. Petro het in Meimaand na haar nuwe ateljee verskuif wat nou langs Exel vulstasie is.

Gedurende die Kunsuitstalling en kaas-en-wyn geleentheid, wat in ou Thabazimbi Motors perseel aangebied was, het die kunsstudente hul sertifikate ontvang.

Ouers, groot ouers, vriende en studente het almal die aand saam geniet.  Die kunsuitstalling was ‘n wonderlike geleentheid vir die jong studente om die nodige blootstelling te verkry. Vir die besoekers was dit verbasend hoe goed die gehalte van die skilderye was. “Deur die kinders te ondersteun maak ons seker ons belê in die toekoms van ons jeug en hulle talente.” Het Petro aan Kwêvoël gesê.

Daar was op die aand ongeveer 150 kunswerke ten toon gestel. Daar word beplan om die uitstalling ‘n jaarlikse instelling te maak.

Die groep kunsstudente wat onder Petro van der Merwe skilder, wat vereer was vir hulle harde werk, agter vlnr: Hester Erasmus, Darna Erasmus, Ilze Joubert, Izelle Moolman, Elsie Eloff, Gerdri Eloff, Janie Spies en Lindi Ferreira. Tweede ry vlnr: Aurelia van Zyl, Deidré van Staden, Nimroe Lategang, Ragel Rossauw en Francois Malan. Derdery vlnr: Janco Rossauw, Lize Barnard, Amy-Leigh Pretorius en Monica Klopper. Voor vlnr: Ju-Marie Barnard, Rachel Boshoff, Lize-Mari Rossauw en Petro van der Merwe (kuns onderwyser).