BUCO skenk gazebo

BUCO hardeware het goedhartiglik ‘n gazebo geskenk aan die waatlemoenstalletjie oorkant hul perseel. Dit het gevolg nadat Thaba verlede week temperature van in die 40 grade Celsius beleef het. Dié waatlemoenverkopers, Scollo, Andries en Nogrot glimlag nou breed en bedank BUCO vir hul welkome skenking.