Aqua Kids swem gala vir oud en jonk
Deon Krige
THABAZIMBI-‘n Swem gala het plaasgevind op Vrydag 23 November by die Kumba swembad. Die gala was gemik op kinders tussen die ouderdomme van twee tot 15 jaar oud. Daar was ‘n paar deelnemers wat in die ope afdeling deelgeneem het wat al uit die skool is. In die algemeen het die deelnemers baie goed gedoen. Die gala het sonder enige probleme of drama verloop. Sonder die vele borge so die dag nie moontlik gewees het nie. Die hoof borge was Pick ‘n Pay, Spar en Shoprite. Van die ander borge het ingesluit Tula’s Leather, @Plastic en Safari Toys.
Voorskool se afdeling, Mia Santos(eersteplek), Lialette Minnaar(tweedeplek) en Milane Stassen (derdeplek).