SAPD wenke vir kersseisoen
Gedurende die feesseisoen maan hulle die inwoners om op te let na die sogenaamde afstandbeheer-misdadigers. Hulle gebruik ‘n afstandbeheerder om die aktivering van ‘n motorvoertuig se alarmstelsel te blokkeer. Let ook op na verdagte voertuie en mense wat verdag voorkom.
Wanneer u met vakansie gaan, maak seker dat die grasperke gereeld gesny word aangesien misdadigers vinnig daaraan kan agterkom dat u nie tuis is nie. Gee u telefoonnommer vir die buurman sodat hy u kan kontak in geval van nood by u tuiste. Maak ook seker dat u troeteldiere versorg word wanneer u nie tuis is nie en dat hulle in die erf toegemaak word sodat rondlopery hokgeslaan kan word.
Vir plaasbewoners het hulle die volgende wenke: Let op na verdagte mense wat voor u plaas verbyloop, wees op die uitkyk vir koperdraad diefstal en patrolleer u spilpunte, let op na inbrake by u chalets of jagtershutte en diefstal van plaasimplemente wat staan. Diefstal van motorvoertuie en motorfietse is ook gedurende die feesseisoen hoog op misdadigers se lysie.