Community

Mielie-braai vir jongspan

THABAZIMBI – ‘n Projek genaam Bethlehem is op die been gebring om sowat 200 honger magies een maal per week van broodjies en koeldrank te voorsien.

‘n Goedhartige boer van Koedoeskop het die groep gesien wat tydens een Vrydag broodjies uitgedeel het en gevra waarmee hulle besig is. Nadat die organiseerders hom ingelig het oor die nood wat die kinders het, het hy 300 mielies geskenk wat hulle op Vrydag 16 November gebraai het. Die kinders het dit vreeslik geniet en bedank die boer vir sy goedhartigheid. Hy het hulle ook genooi na sy plaas waar hy hulle in wil trakteer. Enigiemand wat betrokke wil raak by die Bethlehem projek, kan Liezie le Roux skakel by 082 8934208.

Sowat 200 kinders het op Vrydag 16 November ‘n lieflike mielie-braai gehou nadat ‘n goedhartige boer 300 mielies aan hulle geskenk het.