Community

AGS Silwervarings sluit jaar af

THABAZIMBI – Die AGS se Silwervarings het ter afsluiting van die jaar, ‘n heerlike uitstappie na George en Cathy Fritz se plaas onderneem.

Die sowat 27 seniors het die uitstappie terdeë geniet, heerlik geëet en was stokflou toe hulle omstreeks 18:00 op 10 November teruggekeer het na Thaba.

Die borge word bedank wat die dag vir die Silwervarings moontlik gemaak het asook George en Cathy vir hul gasvryheid.

‘n Handjievol Silwervarings, vlnr: ooms Hennie Schoemans, Vic Lottering, Chris Rademan, Kobus Schlebusch, Jan Bezuidenhout en Phillip Jansen.