Sport

TBZ Atlete kook by 11Global

SUN CITY – Vier Wimpy-Aflosspanne wat bestaan uit Active Life Gym lede het Sondag, 11 November 2012 deelgeneem aan die Internasionale Driekampreeks wat bestaan uit 1.5km swem, 40km fietsry en 10km hardloop te Sun City

Omstreeks 07:00 was die koue waters van die Waterworlddam by Sun City getrotseer deur die vier swemmers, Lourens Boshoff, Rhoné Rheeders, Annette Dreyer en Rudolf Vorster.

In ‘n tyd van 19 minute het Lourens sy 1.5km kaf gedraf, daarna het Rudolf, Rhoné en Annette hom gevolg. Daarna was die fietsryers, Ian Pienaar, Moksie Pelser, Lizelle Herbts en Jan Davel aan die beurt terwyl die drawwers, Zanie van Rensburg, Colette Minnaar, Michelle Stassen en Johan Pienaar in spanning op hul gewag het om die 10km van lekker klimme en ‘n mooi uitsig oor die hele Sun City plat te trap.

Wimpy-span 1, bestaande uit Lourens Boshoff, Ian Pienaar en Zanie van Rensburg het die kompetisie eerste voltooi in ‘n tyd 2 ure 24 minute, Wimpy-span 2, bestaande uit Rhoné Rheeders, Moksie Pelser en Colette Minnaar het geëindig in ‘n tyd 2 ure 44 minute, Wimpy-span 3, bestaande uit Annette Pelser, Lizelle Herbts en Michelle Stassen het geëindig in ‘n tyd van 3 ure 4 minute en Wimpy-span 4, bestaande uit Rudolf Vorster, Jan Davel en Johan Pienaar het geëindig in ‘n tyd 2 ure 36 minute.

Met die prysuitdeling het Wimpy-span 1 die afdeling vir die Gemengde Spanne gewen asook algehele wenners, Wimpy-span 2 het die Vroue-spanne gewen, Wimpy-span 3 het tweede geëindig in die Vroue-afdeling en Wimpy-span 4 het Mans-afdeling gewen en was algeheel derdeplek.

Buiten die spanne wat deelgeneem het was daar twee ystervrouens, Wilma Pienaar en Luzaan Combrink wat die driekamp in sy volle glorie aangepak het. Altwee van hulle voltooi dit in baie goeie tye.

Die spanne bedank Anema Denton van Wimpy wat as geborg opgetree het.

Wimpy Span 3: Annette Dreyer, Lizelle Herbst en Michelle Stassen het tweede geëindig in die Vrou-afdeling.