Community

Skade nà haelstorm

NORTHAM – Enkele minute van kletterende gholfbal grootte haelkorrels het grootskaalse skade aangerig nadat ‘n skielike storm op Donderdagmiddag, 8 November in Northam losgebars het.

Stukkende voertuig- en woningruite het in die slag gebly en mielielande het ook deurgeloop. Inwoners en motoriste moes inderhaas skuiling soek om hierdie massiewe haelkorrels vry te spring. Foto’s ingestuur deur Morné Carstens.

Die gholfbal-grootte haelkorrels wat in Northam geval het.