Min lede by TBZ Brand Beskermingsvereniging vergadering
Deon Krige
THABAZIMBI – Die Thabazimbi Brand Beskermings Vereniging het hulle vyfde jaarlikse vergadering op 14 November 2012 gehou.
Die vergadering moes ‘n korum stig, nadat die opkoms nie ‘n genoegsame ledetal opgelewer het om ‘n konsensus te vorm nie.
Lidmaatskapfooie is bespreek tydens die vergadering en verteenwoordigers van die departement van landbou moes terugvoer gee aan die vereniging oor blokbrande wat gedoen moet word soos die wet vereis, maar wat nog nie gedoen is nie. Die vergadering is ook toegespreek deur Brian Homewood van die Departement van Bosbou en Vissery oor wat hulle doen om die vereniging by te staan. Geofire het vir die lede van hul brandbestrydings toerusting gewys en ‘n demonstrasie gelewer.
Lede van die Brandbeskermingsvereniging, vlnr: Brian Homewood, Patrick O’Connel, Anton Scheepers, Jan Fourie, Hendry Ford, Renette Lategan, Funzani Makanansi, Roy Ritsitu, Jan Delport en Hyman Cohen.