Laerskool Thabazimbi Entrepreneursdag

THABAZIMBI – Die Graad 3 leerders van Laerskool Thabazimbi het hul Entrepreneursdag verlede Vrydag 9 November, gehou.

Die dag is deur die leerders geïnisieer en volgens die onderwysers beplan die leerders al die hele jaar aan dié markdag. Die entrepreneursdag maak ook deel uit van hulle portefeulje-punt vir die einde van die jaar.

Een van die graad drie leerders Celest Steenekamp verkoop haar tuisgemaakte lekkers.