Laerskool Thaba vereer hul Seniors
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op Dinsdagaand 13 November hulle jaarlike Senior-prysuitdeling gehou.
Gr 4-7’s wat deur die jaar hard gewerk het in akademie, kultuur en sport is beloon vir hulle harde werk. Kultuur was eerste aan die beurt. Daar is drie kategorieë wat toekenning ontvang het naamlik kuns, drama en musiek.
Monica Klopper ontvang ‘n A+ en A+ vir teken en ‘n A+ en A++ vir verf sy was ook die afdelingswenner. Monica was ook deel van die Senior Revue en het aan poësie deelgeneem.
In die drama afdeling was Daniël Koekemoer die ontvanger van die dramatoekenning, hy ontvang ‘n A+ vir poësie ‘n A++ vir gedramatiseerde poësie en is ook ‘n afdelingswenner met 96%, ‘n A++ vir prosa en ook ‘n afdelingswenner met 95%, A++ vir redenaars en ook ‘n afdelingswenner met 96%, hy was ook die hoofkarakter in die senior revue.
Marguerite Olivier ontvang ‘n A++ vir solosang en is die afdelings wenner met 90 %, ‘n A+ vir mikrofoonsang A+, mikrofoonsang Pretoria Eisteddfod 2 A+’e, sangduet A+, klaviersolo A, klavierduet A, seniorkoor A+, seniorkoor A+ ATKV-Applous, marimbagroep A+, senior revue A++ en neem ook deel aan twee drama items en kuns.
Daar was in die sport-afdeling ook ‘n hele paar toekennings gemaak. Victor Potgieter ontvang die toekenning vir atletiek, hy verbeter die interhuisrekord, behaal ‘n eersteplek by die kringbyeenkoms, by die Area-byeenkoms behaal hy ‘n eerste plek en verbeter die rekord, by Streeks- en Provinsiale-byeenkoms behaal hy ook ‘n eersteplek en tydens die SA Kampioenskappe behaal hy ‘n sesdeplek. Nadia van der Linde word aangewys as die netbal speler van die jaar, sy was die onderkaptein vir die o/13A span sy word gekies vir die Kring-, Area- en Distrikspan, sy word vir die Provinsiale o/13 A span (Boabab-span) gekies wat aan die SA Kampioenskappe te Johannesburg deel geneem het.
Giniël Kock word aangewys as die rugby speler van die jaar. Hy word gekies vir die Cravenweek, hy was ook die enigste seun wat deur Limpopo provinsie op die Cravenweek verteenwoordig het.
Gareth Meyer word aangewys as die krieket speler van die jaar. Hy het vir die eerste span gespeel asook vir Waterberg streekspan, hy het ook die beste kolfgemiddeld in die skool as ook die beste boul gemiddeld.
Anebel Buys is aangewys as die hokkie speelster van die jaar. Sy was gekies in 2012 om aan die o/13 Streeksproewe deel te neem, sy speel in 2012 100% wedstryde vir die eerstespan, en is ook onderkaptein van die span, sy word deur die voorsitter van Laerskole hokkie vir Limpopo as belowende speler gëidentifiseer.
Pieter Lamprecht is as landloop atleet van die jaar aangewys. Hy het sy Limpopo Provinsiale kleure in landloop verwerf en verteenwoordig Limpopo ook by die SA kampioenskappe in Durban.
Akademiese toekennings is begin met leerlinge wat die beste gevorder het van die eerste tot die derde kwartaal. ‘n Leerling moet minstens 10% vordering op sy gemiddeld toon om vir die toekenning in aanmerking te kom. Relebogile Lebudi Gr4, Rosinah Thulare Gr6 en Zelda Roos Gr7. Hoogste akademiese gemiddeld het gegaan aan Stiaan Joubert Gr4, Tjaart Pelser Gr5 en Nika Bester Gr6. Zelmari Davel het ‘n toekenning gekry vir 7 jaar getroue skoolbesoek. Leerarea toekennings het gegaan aan Vuyelwa April vir Afrikaans first additional language, Zelmari Davel Wiskunde en Kuns en Kultuur, Daniël Koekemoer Tegnologie, Ananda Lategan Natuurwetenskappe, Marguerite Olivier Afrikaans en Lewensoriëntering en Wilmari Prinsloo Engels, Sosiale Wetenskappe en Ekonomiese Bestuurs Wetenskappe. Leerlinge wat van Gr4 tot Gr7 ‘n gemiddeld van 85% gehandhaaf het se name sal op die ererol geplaas word, hulle is Marlize Coetzee, Zelmari Davel, Karla de Beer, Melanie Engelbrecht, Elrie Human, Ruduan Joubert, Daniël Koekemoer, Ananda Lategan, Marguerite Olivier, Wilmari Prinsloo en Tiaan Raubenheimer. Die laaste toekenning en ook die hoogste toekenning is aan die DUX leerling gemaak en dit het gegaan aan Zelmari Davel.
Die Senior Kultuur presteerders, vlnr: Marguerite Olivier, Daniël Koekemoer en Monica Klopper.