Community

Kuiermark deel van Feestyd Safari

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se Tjokkerskool het met hul jaarlikse Feestyd Safari ‘n heerlike kuieraand op Vrydag 2 November aangebied.

Die kuierpunte het ingesluit Dewside Restaurant, waar daar ietsie te ete en te drinke gekoop kon word sowel as die besigtiging van kreatiewe kunswerke van plaaslike kunstenaars.

Die Kuiermark was ook een van die hoogtepunte van die aand waar feesgangers heerlike spit-ete kon koop terwyl hulle plaaslike entrepreneurs se handewerk kon besigtig. Foto: Annelise Visser.

Die Kuiermark stalletjies het gekreun onder die kersgeskenkies wat tydens Feestyd Safari aangeskaf kon word.