Brandstigting in Eerstelaan

THABAZIMBI – Minute nadat ‘n onwettige brand agter ‘n erf in Eerstelaan gewaar en gerapporteer is, het Thabazimbi vuurslaners die toneel bereik.

Die vinnige optrede van die Verkeersafdeling sowel as Kumba se brandspan, het gesorg dat die brand, wat vinnig buite beheer geraak het, spoedig geblus kon word. ‘n Groot gedeelte plantegroei is egter verbrand, alhoewel geen infrastruktuur beskadig is nie.

Na bewering het die brand ontstaan nadat ‘n inwoner sy tuinvullis ontwettiglik aan die brand gesteek het. Die gemeenskap word gemaan om nie op hierdie manier van hul tuinvullis ontslae te raak nie en eerder gebruik te maak van die regte kanale om vervolging te voorkom. Sien foto’s op Kwêvoël se facebookblad: www.facebook.com/kwevoel.

Vlamme het ‘n groot gedeelte plantegroei verswelg in Eerstelaan nadat ‘n onwettige brand buite beheer geraak het.