Bosveld-oord bejaardes vergader

THABAZIMBI – Die bejaardes van Bosveld-oord het verlede Woensdag, 7 November hulle laaste vergadering vir die jaar gehou.

Hulle gasspreker vir hierdie geleentheid was Econo Begrafnis Dienste van Thabazimbi. Hulle het die bejaardes met lekker eetgoedjies getrakteer en ‘n praatjie gelewer oor begrafnis polisse en die belangrikheid daarvan om ‘n begrafnis polis te besit.

Die volgende vergadering vind eers op Woensdag 6 Februarie 2013 plaas.

Die goue oues bedank graag die Kwêvoël en hul fotograaf, Michell Loubser vir hulle getroue ondersteuning deur die jaar.

Die goue oues saam met die gasspreker tydens hul laaste vergadering vir 2012, Econo Begrafnis dienste.