2de plek by Kargo 10 vir plaaslike fietsryers

MULDERSDRIFT –  Span “Limitless” wat bestaan het uit twee pa en seun spanne, Riaan en Lanneo Nagel en Johan en Ian Pienaar het onlangs aan die Kargo 10 ure bergfiets uithouwedren, wat te Kloofzicht Lodge, Muldersdrift plaasgevind het, deelgeneem.

Die span het ‘n algehele tweede plek verower uit 31 spanne en het 27 rondtes van 8km elk voltooi en in die proses 216km afgelê. Die span was slegs een rondte agter die uiteindelike wenners “team Biz Frame”. Ian Pienaar was die vinnigste ryer van die dag met gemiddelde rondtetye van 19minute, terwyl die beste individuele ryer Morne Styger was, wat 23 rondtes op sy eie voltooi.

Span “Limitless”: Riaan en Lanneo Nagel en Ian en Johan Pienaar het ‘n tweedeplek verower in die Kargo 10 uithouwedren.