Bobbejane maak amok

Dié Pekenees-hondjie was nogal omgekrap oor die trop bobbejane se onverwagse besoek aan Tweedelaan op Maandag 5 November. Die bobbejane is gereeld in Eerste- tot Vierdelaan opsoek na iets te ete. Asdromme word omgegooi en swartsakke word stukkend geskeur in hul poging om ‘n lekkerny te bekom. Inwoners aangrensend teen die berg word gemaan om op die uitkyk te wees vir hierdie troppe en om veral hul klein brawe hondjies in die erf te hou. Foto: Deon Krige.