André “Uit die Heupe” by Mawala

André “Uit die Heupe” het Woensdag 31 Oktober by Mawala Lodge op Northam opgetree en ‘n fris nuwe briesie van lekker saamkuier-musiek saam met hom gebring. Op die foto is hy regs saam met sy kitaarmaat “Ginger” wat tot laat in die aand saam met die mense gekuier en musiek gemaak het. Dit was veral die meisies wat gaande oor hom was, maar daar is slegte nuus vir hulle: André en sy meisie Adelle trou op 12 Desember vanjaar.