Laaste Hengelkompetisie vir Thaba Hengelklub
THABAZIMBI – Thaba Hengelklub het die afgelope naweek hul laaste kompetisie vir 2012 aangebied.
Die drie en dertig deelnemende hengelaars het die geleentheid gehad om hul laaste beste vir die jaar te lewer. Die kompetisie was stram ‘n paar manne het mekaar die stryd aangesê. Thaba Hengelklub is stelselmatig besig om te groei en hulle poog daarin om Jood se dam weer op standaard te kry sodat dit weer een van die dae vir die publiek beskikbaar sal wees vir hengel, kamp of sommer net piekniek hou.
Georganiseerde funksies sal daar gehou kan word onder toesig en beheer van die kommitee. Voorlopig sal slegs lede van die Hengelklub toegang tot die dam hê. Hulle moedig dus belangstellendes aan om aan te sluit by die klub om te verseker u het toegang tot hierdie fasiliteite.
Die afgelope naweek se wenners is bepaal deur die swaarste sakke wat ingeweeg is. Cubs 0 – 6: Jay Dillan Wolmarans (eersteplek), Anchenay Loots (tweedeplek) en Jason Loots & Charl Rohrbeck (derdeplek). Penkoppe: 6 -12: Martin Scheepers (eersteplek), Theaan Scheepers (tweedeplek) en Simoné Rohrbeck (derdeplek). Juniors 13 – 18: Jaendre v Staden (eersteplek), Andrae v Staden (tweedeplek) en Lourens Kidson (derdeplek). Dames: Martie Murray (eersteplek), Maxie v Staden (tweedeplek) en Nicolene Heydenrych (derdeplek). Seniors: Ralph Kissack (eersteplek), Hannes Scheepers (tweedeplek) en Leon j v Vuuren (derdeplek).
Thaba Hengelklub bedank graag die Kwêvoël vir die beriggies wat hulle so getrou geplaas het die afgelope jaar, sonder vergoeding of vrae. Ook vir die nuus rondom die hengel wat aan die lesers deurgegee word.
Voorts bedank die Hengelklub hul lede vir ‘n suksesvolle, wonderlike 2012 en spreek die hoop uit om dieselfde vriendskap in 2013 na te streef.
Die wenners van Thaba Hengelklub se laaste kompetisie vir 2012, op die foto heel agter van links na regs: Leon j v Vuuren, Hannes Scheepers, Raplh Kissack, Andrae v Staden, Louwrens Kidson en Jaendre v Staden. Middel van links na regs: Nicolene Heydenrych, Mikyla Tullues, Martie Murray, Anchenay Loots, Maxie v Staden en Martin Scheepers. Heel voor van links na regs: Jay Dillan Wolmarans, Jason Loots, Charl Rohrbeck, Simone Rohrbeck en Theaan Scheepers.