Helpende Hande by VLU

MAKOPPA – Oktober is Nasionale kankerbewusmakingsmaand en het die VLU Strewe-tak ook hulle deel gedoen om bewustheid onder hul eie lede te kweek.

Rykie May van Helpende Hande, die kankersorg-organisasie van Thabazimbi, het die dames toegespreek oor die werking van hierdie liefdadigheidsorganisasie. Die dames het tydens die geleentheid ‘n tjek aan Helpende Hande geskenk ter versterking van hul fondse.

Rykie May van Helpende Hande saam met Reinette Lottering wat haar bedank het vir die praatjie.