Huweliksklokke

Werner Masser en Katryn Dippenaar is op 29 September uit die Nederduitse Hervormde Kerk deur ds Kalfie Loots in die huwelik bevestig. Katryn is die dogter van Danie en Martie Dippenaar van Thabazimbi, en Werner is die seun van Frans en Antoinette Masser van Setaria. Die pragtige paartjie vestig hulle in die Thabazimbi omgewing.