Wenner van LS Rugbyraai

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede week ‘n Rugbyraaikompetisie geloods.

Die deelnemers moes die rugby telling korrek voorspel tussen die Sharks en die Bulls se wedstryd op Saterdag 20 Oktober. Daar was baie inskrywings, maar slegs mnr Jan van Rooyen het die telling korrek voorspel en steek ‘n  kontantbedrag van R500 in die sak.

Die leerder wat die meeste raaiskote verkoop het was Flip de Jager en hy het ook ‘n kontantbedrag van R100 gewen. Die skool bedank me Antionette Lategan wat die pryse geborg het asook almal wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Vlnr: mnr Jan van Rooyen (wenner), Flip de Jager (verkoper van die meeste raaiskote) en Me Isabel Helberg (organiseerder).