Community

Vaarwel HFM Matrieks 2012

HFM Matriekleerlinge het op Donderdag 18 Oktober 2012 vaarwel geroep aan ‘n 12-jaar lange skoolloopbaan toe hulle hul laaste treë as skoolkinders uit HFM se hoofhek gegee het. In ‘n mate was dit vir party matrieks dieselfde as toe hulle die dag skool toe is. Die vreemde omgewing het hulle aan hulle ma’s laat vasklou. Miskien is dit om dieselfde rede dat party leerlinge met weemoed van die skool afskeid geneem het. Hierdie mylpaal simboliseer die eerste stappie in die volwasse wêreld. Die Hoof en personeel wens hulle alle voorspoed met die eindeksamen toe, wat op Maandag 22 Oktober begin het, en spreek die hoop uit dat hul toekoms ideale verwesenlik sal word.