TBZ Gholfklub Juniors wen Toernooi

Deur Esmé Behrens

THABAZIMBI – TBZ Gholfklub het vanjaar vir die eerste keer ‘n Junior Liga span in die GNGU

Junior Liga ingeskryf. Wedstryde word weg sowel as tuis gespeel.

Die TBZ Junior Liga span bestaan uit JM Erasmus (Kaptein), Jaco Jacobs, Benhard Janse van Rensburg, Armand Azar, Heinrich Penzhorn, Jannie Van Graan, Zander Azar, en Clemens Steenkamp met Henno Jordaan as reserwe.

Liga word op uitklopbasis gespeel teen Akasia, Pretoria CC en Irene. TBZ wen hul afdeling en speel teen Centurion in die semi-finaal.

Centurion is al vir die afgelope drie jaar die Junior Liga wenners. Thaba wen tuis hul wedstryd en klop Centurion om deur te gaan na die finaal teen Zwartkops.  Tbz Juniors wen Zwartkops 5/3 om op Zwartkops as die GNGU Liga wenners uit die stryd te tree.

TBZ Gholfklub ontvang na hierdie prestasie ‘n uitnodiging na die Louis Oosthuizen SA Junior Klub Kampioenskappe te St Francis Links, waaraan 18 Junior klubs vanaf 11-14 Oktober deelneem.

Thabazimbi Klub nomineer volgens rangorde en houe gemiddeld: JM Erasmus, Heinrich Penzhorn, Benhard Janse Van Rensburg en Armand Azar.

Die toestande was moeilik met wind wat tot 24km/uur gewaai het en die Links het nie maklik gespeel nie.  Na die eerste 36 putjies was TBZ vyf houe agter, maar die seuns het karakter gewys en terugbaklei om die tweede dag die netto Kampioenskap te wen.

JM Erasmus presteer puik deur 22ste uit 72 spelers te eindig uit ‘n groep spelers met voorgee’s van 0 tot +2.

Die Klub is baie trots op hul Juniors, en wens hulle geluk as die Louis Oosthuizen Netto SA Klub Kampioene van 2012.

Thabazimbi Gholfklub se Juniors het vanaf 11-14 Oktober aan die Louis Oosthuizen Netto SA Klub Kampioenskap deelgeneem. Hulle was een van 18 Junior Klubs wat deelgeneem het en het sterk karakter getoon om dié Junior Toernooi te wen. Op die foto is Esmè Behrens (Thabazimbi Gholfklub Voorsitter), Armand Azar, JM Erasmus, Benhard Jansen van Rensburg en Heinrich Penzhorn.