Plaaslike Blou Bulletjie wen Kwêla Funnies

Estie Steenkamp en haar twee seuns, Xander en Quinten by die kykNET joernaalprogram, Kwêla, se ateljee op Woensdagaand, 17 Oktober, om hul wenprys vir die Kwêla Funnies te ontvang. Quinten (regs) was die ster van die kompetisie met die wen-video, “blou bul”, waarin hy summier geweier het om die eier, wat op die vloer geval het, te eet, want “’n blou bul eet nie van die vloer af nie”. Selfs Steve Hofmeyr, wat die bekende liedjie gesing het, het gesê dat hy persoonlik ‘n CD vir die seuns gaan bring terwyl ‘n kerk in Pretoria die video gebruik het met die tema: As jy seker is van iets, staan daarby. Die gesin het met ‘n Echo 5 4×4 waentjie en ‘n 7-dae wegbreek na Maritius weggestap. Hulle bedank almal wat vir hul video gestem het.