Kleuters hou Boeresportdag
THABAZIMBI – Die Boskabouters Dagsorg het op 2 September ‘n Boeresportdag op Thaba Park aangebied. Deel van die program was onder andere lepel resies, sakresies, waterballonne gooi en stroop appels aan ‘n lyntjie eet. Dit is bygewoon deur Kabouterland asook Little Rascals. Die Frikkies het ook besoek afgelê. Hulle bedank graag die twee Frikkies van HFM wat die dag saam geniet het asook die ander twee skooltjies. Hulle sien uit daarna om dit weer volgende jaar aan te bied.
Kleuters van verskeie dagsorgsentrums het op 2 September ‘n heerlike Boeresportdag aangebied. Saam met hulle op die foto is HFM se twee Frikkies.