HFM 4de by Interhoër swem-gala

THABAZIMBI – HFM het op Woensdag 10 Oktober aan die Interhoërswem gala te Warmbad deelgeneem. Ses skole het deelgeneem: Piet Potgieter (eersteplek), Ben Viljoen (tweedeplek), Warmbad (derdeplek), HFM (vierdeplek), Ellisras (vyfdeplek en Hans Strijdom (sesdeplek).

Benhard van Rensburg S O/15 behaal ‘n derdeplek in die 50m Vryslag, Anja Buitendach D O/14 behaal ‘n derdeplek in die 50m Rugslag, Sonja Bezuidenhout D O/15 behaal ‘n derdeplek in 50m Rugslag, Nesta Schutte D O/16 behaal ‘n derdeplek in die 50 m Borsslag, Liandi Pienaar D O/14 behaal ‘n derdeplek in die 200m Individuele Wisselslag, tweedeplek in die 50m Vryslag en ‘n tweedeplek in die 50m Vlinderslag en Lourens Boshoff S O/19 behaal ‘n derdeplek in die 200m Individuele Wisselslag, tweedeplek in die 50m Rugslag en Eersteplek met ‘n nuwe rekord in die 50m Vlinderslag.

Die aflos span het ook goed gevaar met D O/15 wat die derdeplek posisie behaal in die Wisselslagaflos, S O/19 behaal ‘n derdeplek in die Wisselslagaflos en S O/16 behaal ‘n derdeplek in die Wisselslagaflos en ‘n tweedeplek in die Vryslagaflos.

Elke swemmer word bedank vir hul harde werk, pragtige gedrag en sportmansgees.

Die groep swemmers van HFM het ‘n algehele vierdeplek behaal in die Interhoërswem-gala te Warmbad.