Heerlike sendeling-ete by NG Kerk

Deur Ems Strydom

THABAZIMBI – Die NG Kerk Thabazimbi gemeente het op Saterdagaand, 20 Oktober, hul jaarlikse sendeling-ete aangebied.

Die ete was ter afsluiting van die sendelingnaweek waartydens ds Freddie de Waal meer oor sendelingwerk in Afrika gesels het.

Die sendeling ete was ‘n eg tradisionele Afrika ete, met blikborde en lepels en ook die bekende “run aways”, maar dit was die kerriehoender wat die meeste aftrek gekry het.

Gesellig tydens die sendeling ete op Saterdagaand, voor vlnr: Corli-Elize van den Berg, Melanie Burger, Anel-René van den Berg en Deidré van den Berg. Agter vlnr: Werner Burger, Willie Burger en Teresa Burger.