Thaba Flyers by HFM swembad

THABAZIMBI – Thaba Flyers se Learn 2 swim swemmers is al hard aan die oefen.

Die span bestaan uit drie afrigters en kan sodoende jong swemmers vanaf 2-jarige ouderdom akkommodeer. Die swemklub kom Dinsdae en Donderdae by HFM swembad bymekaar, skakel Rhoné Rheeders by 0799381455 vir meer inligting.

Die jong swemspannetjie by Thaba Flyers, agter vlnr: Katelyn, Joané en Inge. Voor: Ilze, Danie en Rico saam met hul afrigter, Rhoné Rheeders.