Sport

Jongste gimnas presteer

THABAZIMBI – Janco Rossouw, ‘n Graad 1 leerling van Laerskool Thabazimbi, het uitstekend gevaar tydens die Limpopo Artistiese Gimnastiek kompetisie op 7 September te Louis Trichardt.

Janco het deelgeneem in ‘n groep van 33 gimnaste vanaf 9 jaar en jonger. Hy behaal die hoogste gemiddeld in silwer en mis goud met slegs 0.17. Hy is die jongste gimnas onderleiding van Joey Koekemoer.

Die skool wens hom geluk met die prestasie.

 

Janco Rossouw saam met gimnastiek afrigter Joey Koekemoer.