Mooistes van die mooies by Oesfees
DWAALBOOM – Die Mnr en Mej Oesfees geleentheid het Vrydagaand 14 September 2012 tydens die jaarlikse Dwaalboom Oesfees plaasgevind.
Die tema was ‘n “Wild West“ en die kinders het hulle oortref met hulle uitrustings. Volgens die organiseerder, Rensia Bester van Dwaalboom, het die deelnemers die kollig terdeë geniet. Elke deelnemer het ook ‘n geskenkie ontvang. Die wenners se pryse is deur Pick n Pay Thabazimbi geborg en die blomme deur Krimpvarkies en Vlinders Bloemiste. Die drie beoordelaars was Deidre van den Bergh van Krimpvarkies en Vlinders, Elizma Nel van Thaba Graphics en Cornelia Niemand van Connie Lee Fashions Pretoria.
Al die borge word bedank vir hul bydrae om die Oesfees moontlik te kon maak.
Die wenner van die babakompetisie, Sune du Plessis, vat ‘n heerlike slapie na al die opwinding.