General

Misdaad in Limpopo toon geringe daling

Deur Tobie Lombard

THABAZIMBI: Misdaad in Limpopo is toe nou nie so erg as wat gevrees is nie. Vergeleke met die res van Suid-Afrika kan die inwoners van Limpopo weer rustig asem haal. Te wagte het die nasionale syfer van dronkbestuur, onwettige dwelm-besit en besit van ‘n vuurwapen op ‘n nasionale vlak toegeneem.

Twee kinders word op ‘n nasionale vlak daagliks vermoor terwyl daar daagliks twee pogings tot moord op kinders is. Hoewel Nathi Mthethwa, polisieminister se syfers verdag oud voorkom, is die beeld wat geskep is van die misdaad situasie in Suid-Afrika oud en weerspieël dit nie die regte prentjie van die nasionale situasie nie.

Die feit dat seksuele aanranding op kinders met 3 000 gevalle afgeneem het is die syfer betekenloos. Steeds word daar 36 000 seksuele aanrandings op ‘n jaar grondslag aangemeld. Net so is die 10 000 jaar tronkstraf wat gesamentlik opgelê is, waarvan 175 lewenslange tronkstraf uit gedeel is vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings sinnelose syfers omrede die minister nie bereid was om spesifieke getalle per provinsie te verskaf nie. Die lys van statistiek is ook aansienlik ingekort.

In onderstaande word April 2010 tot Maart 2011 en April 2011 tot Maart 2012 aangedui.

Moord: Thabazimbi – 4, 5; Hoopdal – Geen; Cumberland – 1,1; Northam 8, 18; Dwaalboom 1, 1; Rooiberg 0, 2.

Seksuele Oortredings: Thabazimbi – 4, 5; Hoopdal – 3, 8; Cumberland – 11, 6; Northam – 119, 115; Dwaalboom – 8, 12; Rooiberg – 27, 18.

Poging tot moord: Thabazimbi – 3, 6; Hoopdal – Geen; Cumberland – Geen; Northam – 9, 10; Dwaalboom – Geen; Rooiberg 0, 1.

Aanranding met die doel om ernstig te beseer: Thabazimbi – 119 – 142, Hoopdal – 3, 8 Cumberland – 1,1; Northam – 8, 18; Dwaalboom – 1, 1: Rooiberg – 0, 2.

Roof met verswarende omstandighede: Thabazimbi – 19, 18; Hoopdal – 2,1; Cumberland – 3,1; Northam – 24, 30; Dwaalboom – 1, 1; Rooiberg – 2, 2.

Brandstigting: Thabazimbi – 5, 9; Hoopdal – 2, 0; Cumberland – Geen; Northam – 7, 8; Dwaalboom – Geen: Rooiberg – 1, 1.

Kwaadwillige saakbeskadiging: Thabazimbi – 82, 86; Hoopdal – 3, 3; Cumberland – 1,6; Northam – 67, 70; Dwaalboom – 5, 2: Rooiberg – 6, 10.

Inbraak nie residensiële persele: Thabazimbi – 48, 46; Hoopdal – 1, 4; Cumberland – Geen; Northam – 59, 46; Dwaalboom – 2, 3: Rooiberg – 6, 3.

Inbraak residensiële persele: Thabazimbi – 170, 123; Hoopdal – 5, 4; Cumberland – 18, 18; Northam – 136, 169; Dwaalboom – 13, 5: Rooiberg – 50, 40.

Motor- en motorfiets diefstal: Thabazimbi – 20, 30; Hoopdal – 1, 2; Cumberland – 0, 2; Northam – 20, 26; Dwaalboom – 1, 1: Rooiberg – 3, 2.

Veediefstal: Thabazimbi – 7, 11; Hoopdal – 2, 1; Cumberland – 4, 3; Northam – 12, 8; Dwaalboom – 6, 7: Rooiberg – 0, 2.

Onwettige besit van vuurwapen: Thabazimbi – 6, 2; Hoopdal – 1, 0; Cumberland – 1, 0; Northam – 6, 1; Dwaalboom – 0, 2: Rooiberg – 1, 0.

Dwelm verwante misdaad: Thabazimbi – 60, 61; Hoopdal – 0, 1; Cumberland – 2, 1; Northam – 48, 46; Dwaalboom – 1, 1: Rooiberg – 12, 6.

Dronkbestuur: Thabazimbi – 52, 52; Hoopdal – Geen; Cumberland – Geen; Northam – 31 – 13; Dwaalboom – Geen: Rooiberg – Geen.

Winkel diefstal: Thabazimbi – 40, 37; Hoopdal – Geen; Cumberland – Geen; Northam – 43, 52; Dwaalboom – Geen: Rooiberg – Geen.

Voertuig kaping: Thabazimbi – 5, 2; Hoopdal – Geen; Cumberland – Geen; Northam – 2, 3; Dwaalboom – Geen: Rooiberg – Geen.

Publieke geweld: Thabazimbi – 2, 0; Hoopdal – Geen; Cumberland – Geen; Northam – 3, 0; Dwaalboom – Geen: Rooiberg – 0, 1.

Crimen Injuria: Thabazimbi – 20, 27; Hoopdal – Geen; Cumberland – Geen; Northam – 16, 41; Dwaalboom – 1, 0: Rooiberg – 1, 4.

Bostaande syfers verskil nie veel van die van 2011 nie. Dit is egter kommerwekkend dat Rooiberg Suid-Afrikaanse Polisiediens se ernstige misdaad nie na verwagting afgeneem het nie.