HFM Kurperkompetisie reuse sukses
AMANDELBULT – Die suksesvolle HFM Kurper visvangkompetisie ten bate van die Graad 11 Matriekafskeidfonds Fonds is op 1 September by die Konsentrator Dam by Northam Platinum myn aangebied.
Die pen trekking was reeds om 6:00 en die amptelike kompetisie was om 7:00.
Almal was vasberade en het dadelik begin lyne natmaak. Die dag het ongelooflik goed verloop met 42 inskrywings, asook ‘n totaal van 32 gelukkige trekkings.
Die toegang was R100 per hengelaar, en die pryse was volop. Volgens die organiseerders was die kompetisie ‘n baie groot sukses. Die hengelaars wat ingeskryf het, het dit almal eens dat Pieter Evert wat die kompetisie gereël het, hom goed van sy taak gekwyt het.
Die totale vangs vir die dag was 529 vis en die totale gewig was 140.24kg.
Pryse is soos volg toegeken: eersteprys – grootste kurper – Seun Nortjé, swaarste sak – tweedeprys – Dick Swart en Wickus Pretorius het weggestap met die derdeprys vir die meeste kurpers.
Die organiseerders bedank almal wat pryse geborg of geskenk en lig die volgende borge uit: Northam Plat vir die gebruik van hulle dam, die weegbeamptes, Dempsey, Lood en Judith, dankie vir julle harde werk die dag.
Dankie ook aan almal wat pryse geskenk en geborg het asook almal wat die dag moontlik gemaak het, en almal wat gehengel het. Pieter en Ellen Evert en hulle twee seuns Marcell en Juan, word bedank vir al hul reëlings en harde werk wat daarvoor gesorg het dat die dag ‘n sukses sal wees.
Seun Nortjé wen die eersteplek prys vir die grootste kurper, saam met hom op die foto is die organiseerder, Pieter Evert.